Boek: Aspoesterskoene

Aspoesterskoene-2de-UitgaweKristel Loots

Sarah, die huisvrou, het saam met haar skeefgetrapte pantoffels in die vullisdrom beland en in haar plek is ’n beeldskone vrou wat wag om in ’n prinses te ontpop.

Sarah is vreeslik voorstedelik – al het sy ’n lyf wat skrik vir niks. Sy het nie werklik iets om oor te kla nie. Behalwe dat haar man in sy middeljaarkrisis is, hulle sekslewe beperk is tot high days en holidays, haar seun se tweede naam Moeilikheid is en dat dit soms vir haar voel asof net Hond haar verstaan.

Maar daar wás ’n tyd toe sy op hoëhakskoene tussen die slaggate op haar lewenspad rondgetrippel het. En almal haar mooi bene bewonder het.

Toe kom die uitnodiging na die reünie op Doringbaai en haar lewe neem ’n wending wat sy nie in haar wildste drome verwag het nie. Vreemde dinge gebeur wanneer ’n vrou in ’n hoek vasgekeer word en skielik besef: mens leef net een keer …

Aspoesterskoene was Kristel Loots se eerste roman. Met hierdie boek en die ander wat daarop sou volg, het sy die leefwêreld betree van gewone vroue van verskillende agtergronde, ouderdomme en figure wat die wonder van die liefde opnuut ontdek en beleef hoe dit die mense naaste aan hulle raak, want die liefde en die begeerte daarna bly altyd jonk, selfs al het die lewe jou gelouter.

Aspoesterskoene is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Oor die outeur 

Kristel se boeke verkoop al hoe beter. Sedert 2013 was sy reeds 35 keer in die Nielsen top 100.

’n ATKV-Woordveertjie is toegeken vir Eendagmooi, die eerste boek in ’n latere suksesvolle tweeluik. Die tweede boek, Die ander vrou, was ’n finalis in dieselfde kategorie. Haar lesers verlekker hulle aan Loots se humoristiese skryfstyl wat aan die tragikomedie raak. Die lag-met-’n-traan-aanslag word ook in Aspoesterskoene aangetref.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R219,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Landie ·

Ek wens boeke was nie so DUUR nie!! Ek is mal oor lees, maar kan regtig nie R200 vir ‘n boek bekostig nie!! :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.