Boek: Asterix by die Olimpiese Spele

Asterix-by-die-Olimpiese-SpeleRené Goscinny

Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ’n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie?

Asterix by die Olimpiese Spele is die 12de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Oor die vertaler

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

André ·

Mal oor Asteria en Kuifie. Na lang afwesigheid onlangs weer die biblioteek besoek om my kinders blootstelling te gee. Het daar in die kinderafdeling die Afrikaanse weergawe van heelwat Asterix en Kuifie boeke gekry en skaamteloos paar uitgeneem. So lekker om die legendes in Afrikaans te kan lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.