Boek: Asterix die legioensoldaat (10)

Asterix-die-legioensoldaat-10-voorbladRené Goscinny
Vertaal deur Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op ’n keer en dwaal rusteloos rond. Die druïde sien ’n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.

Oor die vertaler

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter Engelbrecht ·

(Sondag 24/04/16)
Vanaand toevallig vir die eerste keer op Maroela Media afgekom. Ek is aangenaam verras en gaan van nou af gereeld kyk waaroor debatte gaan en of die nuus warmer is as wat op die net beskikbaar is.
Ek stel veral belang in nuwe energie tegnologie en werkskepping.
En natuurlik lewer ons parlement en politici elke dag nuwe spitsvondighede wat die lewe in die nuwe SA soveel interessanter maak as elders in die wereld. (Ai, ek wens ek kon ^e en “e maklik in my teks aanbring; dit voel so verkeerd om ‘n briefie te skryf met spelfoute).
Mooi loop
PE

Piet Snot ·

Pieter
Dit gaan nog jou standaardbron van nuus word (met die “ander ouens” – die betaalkanaal – jou sekondêre bron).
Terloops, probeer Alt136 en Alt 137. En kyk “Extended ASCII Codes” by http://www.asciitable.com/.

Susan Lombaard ·

Beste Pieter, dankie vir jou terugvoer oor Maroela Media! En welkom by ons Afrikaanse aanlyngemeenskap. Op die afdeling “Blikslim” (“Tegnologie” op die hoofkieslys) sal jy lekker tegnologiestories kan lees, en jy is welkom om ons te laat weet as daar ‘n tegnologieverwante storiewenk is wat ons kan opvolg (jy kan e-pos stuur aan [email protected]). Ons daaglikse nuuskommentaar en die bydraes in “Nou pra’ jy” (“Debat” op die kieslys) behoort jou ook te interesseer. Ons hoop jy kuier lank en lekker hier by ons. Groetnis, Susan Lombaard (Redakteur: Maroela Media)

Koos ·

Eks nogsteeds mal oor die Astrix. het self ‘n paar boeke in frans. “Tierlantyn”, pragtig. Sal uitkyk vir die Afrikaanse weergawe.

Piet Snot ·

Koos
Ek het nou amper al die Asterix boeke in Afrikaans, en ek lees dit nou van voor af met my kinders. Wat ‘n plesier.
Ek’s nou nie so geleerd soos jy om dit in die oorspronklike Frans te kan lees nie, maar ek het darem eenkeer ‘n Latyn weergawe getakel; dis uitstekend (ek probeer nou fyn brêg).

Louise ·

Absoluut gaande oor Asterix en Obelix………
Nou in my taal, Wonderlik!
Dankie aan Sonya.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.