Boek: Asterix en die groot moles

Asterix-en-die-groot-moles-René Goscinny

Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering … Ignasius Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliërs en probeer hulle beïnvloed om mekaar van verraad te verdink. Het Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius Vullus kan uitoorlê en vrede in die dorpie herstel?

Asterix en die groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Oor die vertaler

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n meestersgraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris ·

Ek is mal oor die boeke. Is bly oor die nuwe een. Lees die kinders deesdae nog die boeke? Wie “worrie” ek is dan eerste daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.