René Goscinny
Op ʼn stormagtige nag arriveer ʼn geheimsinnige vreemdeling in die Galliese dorpie. Die vreemdeling maak daarop aanspraak dat hy ʼn waarsêer is en voorspel dat mooiweer sal volg ná die woeste storm – en dit gebeur ook so! Die inwoners van die dorpie hang nou aan Jowaarlix se lippe en glo alles wat hy voorspel, maar Asterix is skepties. Is Jowaarlix ʼn regte waarsêer of ʼn bedrieër?
Asterix en die waarsêer is die 19de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Oor die vertaler
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ʼn Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Logika, betreffende jou kommentaar onderaan die vorige boek hier die volgende: “Idéx” is die Franse naam van Aterix en Obilix so hondjie die Engelse naam is“Dogmatix”.
Jouwaarlix is seker maar een van die heel eerste politici?
Dit moet nou juis n goeie geleentheid wees om buite die gods diens spektrum dalk die oë daarop te vestig hoe die woord waarsê nie net misbruik word nie, eerder ook mis plass word…. Waarsê is geensins toor dery nie, want die bestaan nie, waarsê is om iets wat nie is nie, oor en oor te propageer, orals oor, deur verskillende meduims, en dan word dit in die kop so aanvaar en word voort waar gesê, hier kom die term om iets wat nie waar was nie, waar te vertel/ te sê, sterk na vore… Nou kan n mens verstaan… Lees meer »
Waarsê moet reg gebruik word, anders bly dit fataal…