René Goscinny
Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ʼn Korsikaan as keiser sal aanvaar …
Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
Oor die outeur
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ʼn Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Aha, maar kan ons hom nie uitnooi hierna toe nie.
of stuur ons ten minste die resep van wonderlike potion
Ons verwys nou in ons kommentare na die twee, dis nou Asterix en Obelix, maar wat van Idéfix, Obelix se onafskeidbare hondjie? Weet julle watter ras die hondjie is?
Komaan Maroela-lesers, laat van julle hoor! Versprei die boodskap! Is die hondjie van Obelix ‘n maltese, ‘n woefie, of sommer net ‘n dun hondjie met lang ore wat nou en dan so ‘n lekkie van die wonderlike potion vat?
Obelix, die groot man met die klein hart. Hy hou daai op en wakker hondjie so mooi vas, kan dit kan ‘n bastertjie tussen ‘n skottie, ‘n yorkie en ‘n maltesie wees?