Boek: Asterix in Korsika

René Goscinny

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ʼn Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Oor die outeur

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ʼn Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andreas ·

Dalk moet dit sommer ‘n verpligte voorgeskrewe boek vir oud en jonk raak.

Andreas ·

Ons verwys nou in ons kommentare na die twee, dis nou Asterix en Obelix, maar wat van Idéfix, Obelix se onafskeidbare hondjie? Weet julle watter ras die hondjie is?

Asterix ·

Komaan Maroela-lesers, laat van julle hoor! Versprei die boodskap! Is die hondjie van Obelix ‘n maltese, ‘n woefie, of sommer net ‘n dun hondjie met lang ore wat nou en dan so ‘n lekkie van die wonderlike potion vat?

Koos ·

Obelix, die groot man met die klein hart. Hy hou daai op en wakker hondjie so mooi vas, kan dit kan ‘n bastertjie tussen ‘n skottie, ‘n yorkie en ‘n maltesie wees?

Mike ·

Volgens Google, dit is Wes-Hoogland Wit Terrier (West Highland White Terrier). Sorry ek moes eers op google kyk voor ek raai lol :)

ursula ·

het die Obelix boeke so 30jaar terug vir my kind gekoop
het nog almal die prys was om en by R2.50

Logika ·

“Idéfix”? Volgens wat ek kan onthou is die hondjie se naam “Dogmatix”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.