Boek: Baba se eerste- reeks

Baba se eerste kleure HIGH RES (002)ʼn Baba wat met boeke speel, daaraan kou en hulle rondgooi, is ʼn mini-wetenskaplike wat die boekheid van boeke ontdek. So word lesers gevorm.

Hierdie reeks helder, stewige kartonboekies is die perfekte wegspringplek om jou baba aan die wonderwêreld van boeke bekend te stel. Daar is vier titels in die reeks wat babas aan verskillende eerste sleutelkonsepte bekend stel: Kleure, Wilde diere, Plaasdiere en Woorde.

Baba se eerste kleure

Leer meer oor kleure met hierdie pragtige kartonboekie vol helder kleurfoto’s van alledaagse dinge. Dié interaktiewe boek bevat ook ʼn spieëltjie waarin babas hulself kan sien.

Baba se eerste wilde diere

Stel jou baba aan die vriendelike diere in hierdie prettige kartonboek bekend. Van leeuwelpies tot olifante en sjimpansees, is daar foto’s van verskillende diere op elke bladsy, en eenvoudige vrae om te lees en te deel.

Baba se eerste plaasdiere

ʼn Eerste kennismaking met plaasdiere, op elke bladsy wag verskillende babadiere waarmee jy kan kennis maak. Kyk na die helderkleurige foto’s en leer die woorde in hierdie fantastiese diereboek waarop kleintjies versot sal wees.

Baba se eerste woorde

Van speelgoed tot kos tot diere – stel jou baba bekend aan ʼn versameling eerste sleutelwoorde met hierdie prettige kartonboek. Elke nuwe woord wat geleer word, word toegelig met ʼn groot, kleurvolle foto en ʼn eenvoudige woordetiket, terwyl klein handjies graag die gladde, gevormde bladsyrande sal verken.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R90,00 elk*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.