Boek: Bak en brou

Bak-en-brou-HIGH-RES-002.jpgEllie Snowdon

Jan-Daniël is mal oor bak. Hy bak graag kaneelrolletjies, krummelrige brosbeskuit, karringmelk-koekies en sy gunsteling – sjokoladekoek. Daarom is Jan-Daniël baie opgewonde toe hy op ’n dag ’n uitnodiging kry om aan die Groot Hasie-bak-en-brou-kompetisie deel te neem.

Daar is net een probleem: Jan-Daniël is nie ’n hasie nie – hy is ’n wolf. Daarom besluit hy om hom te vermom en aan die kompetisie deel te neem. Eers lyk dit of Jan-Daniël die ander deelnemers ’n ding of twee gaan wys, maar dinge loop lelik skeef toe een van die deelnemers probeer kul. Dan kry Jan-Daniël egter hulp uit ’n onverwagse oord – en hy ontmoet boonop iemand wat net soveel soos hy van sjokoladekoek hou!

Kleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!

Oor die outeur en illustreerder

Ellie Snowdon woon in ’n klein kusdorpie in Suid-Wallis. Sy het ’n eersteklas-honneursgraad in tekenkuns en toegepaste kuns aan die Universiteit van Wes-Engeland in Bristol verwerf, en daarna die prestigeryke MA-graad in kinderboekillustrasie aan die Cambridge-kunsskool voltooi. Ellie glo tekeninge is die hartklop van haar werk, en sy werk tradisioneel met pen en potlood, en voeg kleur digitaal by om haar illustrasies ’n kontemporêre aanslag te gee. Haar werk is hoog aangeskryf by die Macmillan-prys vir Kinderprenteboekillustrasie in 2015. Ellie is die illustreerder van Helen Peters se Jasmin Green-reeks. Bak en brou (The Great Bunny Bake) is haar debuut as prenteboekskrywer en -illustreerder.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.