Boek: Ballade vir ‘n enkeling

ballade vir 'n enkeling

Leon van Nierop

In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014.

Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry ‘n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap ‘n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings. Maar wanneer sy by die eintlik rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog erger: Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel…

Die gelyknamige film word uitgereik in 2014.

Oor die outeur:
Leon van Nierop is ‘n baie bekende radio-, televisie- en romanskrywer. Verder doseer hy rolprentwaardering aan WITS en die Tshwane Universiteit van Tegnologie en is ook bekend as rolprentresensent.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.