Boek: Bang beer

Steve Smallman

Het jy geweet?

In die diep, donker woud woon die HARIGE OU GROTE!

Met skerp tande in sy bek en skerp kloue aan sy pote.

Sy kwaai oë sal jou laat ril en laat gril

en dit klink net soos donderweer wanneer hy brul!

Klein Ben is ʼn dapper hasie. Hy hou baie van pret en avontuur, maar hy hou glad nie van bed toe gaan nie. Toe sy ma hom een aand voor slaaptyd vertel van die Harige Ou Grote met sy skerp tande en skerp kloue wat in die woud woon, besluit Klein Ben om in die donker buitentoe te sluip en hom te gaan soek!

In plaas van ʼn groot, harige monster ontdek Klein Ben ʼn beer in die woud. ʼn Baie bang beer.

Sommer gou word klein Ben en die beer groot maats, maar sal die beer dapper genoeg wees om na die monster te help soek?

Bang beer is ʼn oulike, avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.