Boek: Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas

Beatrix Snyman

Tunisiese hekelwerk is ʼn baie ou hekeltegniek wat tans ʼn oplewing beleef. In die verlede was Tunisiese hekel sinoniem met dik, swaar komberse, maar deesdae breek hekelaars weg van dié tradisionele styl en eksperimenteer met opwindende nuwe steke en tegnieke. Nou bestaan Tunisiese hekel uit fraaie kantpatrone, interessante vorms en kleurryke ontwerpe!

Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas is ʼn volledige gids wat jou leer om dié gewilde hekeltegniek te bemeester. Met die hulp van pragtige volkleurfoto’s leer jy stap-vir-stap sowat 40 verskillende steke en ander hekelkunsies ken.

Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas verduidelik onder meer:

  • Hoe om verskillende hekelpenne vir Tunisiese hekelwerk te gebruik
  • Hoe om patrone te lees en diagramme te verstaan
  • Waarvoor afkortings en simbole in Tunisiese hekel staan
  • Hoe om probleemareas raak te sien en reg te maak
  • Hoe om 40 verskillende steke te maak
  • Hoe om kleure en fatsoene in patrone te verweef

Beatrix Snyman is ʼn kundige hekelaar wat reeds sedert 2012 hekelklasse en -werkswinkels aanbied. Sy ontwikkel oorspronklike hekelpatrone en het ook haar eie reeks alpakka- en merinohekeldraad.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R285,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.