Boek: Bedoelde land

F.A. Venter

Dié sekerheid, dink Hendriena ʼn bietjie onthuts. Dié onaantasbare sekerheid. Vir hom is dit net die nuwe land, die nuwe grond – die nuwe begin – verder niks. Wat sal van hom word as dit ooit geskend moet word?

Dit is Desember 1840 en Rudolf Dreyer en sy gesin is besig om aan ʼn nuwe lewe te bou in die Republiek van Natal. Die Trekkers glo dat hulle uiteindelik hulle vrye, onafhanklike staat gevind het. Toenemende inmenging van die Britse regering en konflik tussen die Boere en die Zoeloes in die gebied laat egter die vrees ontstaan dat dit ʼn tweede Oosgrens gaan word. Is Natal werklik die bedoelde land waarna hulle al so lank streef?

Bedoelde land verskyn oorspronklik in 1968 en is die laaste boek in F.A. Venter se gewilde tetralogie oor die geskiedenis van die Groot Trek. Die ander drie boeke in die tetralogie is: Geknelde land (1960, in 2017 heruitgegee deur Protea Boekhuis), Offerland (1963, in 2017 heruitgegee deur Protea Boekhuis) en Gelofteland (1966, in 2018 heruitgegee deur Protea Boekhuis).

Oor die outeur

François (Frans) Alwyn Venter (1916–1997) is op 27 November 1916 in Hopetown gebore. Hy gaan skool op Vioolskraal, Strydenburg en Hopetown en studeer later in die letterkunde aan die Universiteit Stellenbosch. In 1961 ontvang Venter die Hertzogprys vir Geknelde land en Swart pelgrim.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek op Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae