Boek: Begin – nou is die tyd

Begin_nou_is_die_tyd.jpgJon Acuff

Kan ’n mens van bladsy tot bladsy skaterlag en terselfdertyd geïnspireer word om jou grootste drome uit te leef en middelmatigheid te ontsnap? Beslis! New York Times– en Wall Street Journal-topverkoper-outeur Jon Acuff doen presies dit in Begin – nou is die tyd.

Jon bespreek vyf fases in detail wat elke leser tot uitnemendheid sal lei: leer, redigeer, bemeester, oes en lei. Deur hierdie proses sal hulle sien dat dit haalbaar is om uitsonderlik te wees.

Naas besprekingsvrae aan die einde van die boek, sluit dié praktiese boek ook af met bylae oor 10 maniere om sosiale media in jou guns te laat tel en 10 dinge om te doen as jy werkloos is.

Die goeie nuus in Begin – nou is die tyd gee lesers praktiese insigte om hul lewe betekenisvol te maak.

Oor die outeur:

Jon Acuff is ’n New York Times– en Wall Street Journal-topverkoper-outeur en sy blog word deur meer as 5 miljoen mense gelees. Dié gewilde spreker gebruik sy insig en sosialemedia-vaardig-hede om besighede te help om idees prakties uitvoerbaar te maak. Hy is sedert 2010 voltyds spreker en ’n gereelde gas op TV-netwerke soos CNN en Fox News Channel.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R149.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.