Boek: Begrond

Begrond_voorblad’n Plaasmoord ruk ’n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap wonde oop van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.

Die verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan, speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp, in die afgebrande plaashuis op die Vrystaatse vlaktes, in die krygsgevangenekamp in Ceylon en rondom die ou stinkhouttafel op die stoep.

Begrond vertel die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis soos ervaar deur ’n familie wat daar was. Dié feitefiksie steun sterk op verskeie treffende ware gebeure uit die Anglo-Boereoorlog, die 1914-rebellie en die hede, en die nawoord bied aan die leser ’n interessante oorsig oor die feite waaruit geput is vir die Begrond-verhaal.

“Ek besef, as jy twyfel oor die toekoms – bou dit. As jy iets wil nalaat – plant dit. Hierdie is die begin van my storie. Ek is Faan Venter van Staan op! se grond – in Afrika is ek geplant, in Christus is ek begrond.”

Meer oor die skrywer
Dr. Dirk Hermann is die uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit. Sy passie vir geskiedenis, die verhaal van die Afrikaner en sy liefde vir Suid-Afrika as sy enigste tuiste, is die hartklop van Begrond. Hermann het reeds verskeie ander publikasies die lig laat sien (Basta! Ons voetspore is in Afrika, Die keiser is kaal – waarom regstellende aksie misluk het, Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle 1990 tot 2012 en Regstellende trane). Begrond is ’n historiese novelle en Hermann se eerste fiksiewerk.

Om die boek te bestel, kontak Kraal Uitgewers by 012 644 4329 of stuur ʼn e-pos na [email protected] of SMS die woord “Begrond” na 32347.
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Prys: R120-00* (posgeld uitgesluit)
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.