Boek: Bekkies se ‘ding’ met die volstruis – en ander stories

Gustaf Pienaar

Dit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? Gʼn wonder nie die assuransie-assessor het net sy kop geskud toe hy die vernielde Toyota-bakkie ondersoek het.

In Bekkies se “ding” met die volstruis – en ander stories vertel Gustaf Pienaar staaltjies oor sy bure en familie; oor modelmotortjies en régte motorkarre. Daar’s iets oor vliegtuie en oor bekendes soos JFK, Churchill, Smuts, Vorster en Ian Smith. Vergeet ook nie die hand vol vermaaklike stories geïnspireer deur die skrywer se loopbaan as SAUK-omroeper en daarna as regspraktisyn nie.

Pienaar se skryfwerk getuig van ’n ondeunde sin vir humor, ’n uitstekende mensekennis en ’n wye belangstellingsveld. Dit is die perfekte boek om mee te ontspan aan die einde van ’n lang dag.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.