Boek: Bennie Boekwurm vertel lekker stories

bennie boekwurm

Louise Smit en Séan Verster

Ouderdom: 3 – 6 jaar

Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke.

Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep. Hy het klaar die boek uitgesoek . . . Toeteletoetoo! Toeteletoetoo! blaas bytjie op sy trompetjie en die blommetjies sing:

Bytjie blaas, en ons moet sing,
Bennie kan jy die storie bring.
Maatjies, julle moet nou roep,
anders hou hy aan met soek.’

Almal roep hard en Bennie Boekwurm kom uit om vier heerlike stories te lees.

Bennie vertel oor Japie die apie wat na sy mamma gaan soek, Tokka die stoute kabouter, Miemie die mier wat diep dink en die haarwurm wat nie vroeg wou opstaan nie.

Die stories is gebaseer op die bekende TV-reeks op die SAUK in die 80er jare. Illustrasies is helder en kleurvol en sal kleintjies sowel as hulle ouers bekoor.

Oor die skrywer:
Louise Smit woon in Seepunt. Sy het bekendheid verwerf deur haar baie suksesvolle kinderprogramme vir radio en TV soos Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo, Mina Moo en vele meer. Sy is ook die skrywer van Die Bybel vir kleuters en Professor Fossilus en die dinosourusse.

Louise het verskeie plaaslike en internasionale toekennings vir haar werk verower, o.a. drie Artestoekennings, drie Star Tonight-toekennings, Prix Jeunesse en die Tokioprys. Daar word tans ‘n DVD oor al die manewales van Haas Das en sy vriende gemaak, asook een oor al die vriende en stories van Wielie Walie.

Oor die kunstenaar:
As kunstenaar het Séan Verster die aandag van Martin Wragge, wat Century City and Ratanga Junction gebou het, getrek en is hy die taak opgelê om die karakters van Ratanga Junction te skep en uit te beeld. Vir 3 jaar het hy alleen gewerk om die Ratanga karakters en strokiesprente te ontwikkel, asook die handelsware wat daarmee gepaard gegaan het. Alhoewel sy eerste liefde fotorealistiese potloodtekeninge is, spesialeer hy in karakter-ontwikkeling, strokiesprente en kinderboekillustrasies. Sedert sy werk vir Ratanga het hy ook karakters vir webwerwe, TV-advertensies, winkelsentrums en vir ’n temapark in die VK ontwikkel. Vir Human & Rousseau het hy Die mooiste Afrikaanse sprokies/Famous South African Folktales en Operasie MIAAU geïllustreer.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R125-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lynette Theron ·

Hi daar
Op VARS GEDRUK gisteraand het hulle vertel van die Bennie Boekwurn vertel lekker stories .
Waar kan ek die DVD aankoop .
Byvoorbaat dankie
Lynette Theron

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.