Boek: Best Books Eksamenhulp: Graad 12 Eksamenoefenboek vir Huistaal

Saamgestel deur Martlie Jordaan

Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en konsepvraestelle met wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende huistaalleerder help om beter in die eksamen te vaar.

Die eksamenoefenboek

  • is saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring en die jongste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls.
  • bevat taaloefeninge wat teoretiese kennis inoefen en toets, en die geleentheid bied om dié kennis toe te pas.
  • bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens.
  • sluit vier konsepvraestelle vir Vraestelle 1 en 3 in.
  • bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing, en
  • is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Oor die skrywer

Martlie Jordaan is ’n Afrikaanshuistaalonderwyseres en die departementshoof van Afrikaans aan die Hoërskool Framesby in Port Elizabeth. Sy is ’n yweraar vir die dramatiese kunste en is betrokke by die skool se kunsdepartement.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R180,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.