Boek: Beste storieboek ooit (heruitgawe)

Beste storieboek ooit is ’n versameling boeiende stories en rympies wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se immergewilde dierekarakters insluit. Die vrolike verhale en prettige illustrasies maak dit die beste storieboek ooit …

Oor die skrywer en illustreerder

Richard McClure Scarry (1919-1994) is ’n wêreldbekende Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan sowat 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Na skool het hy aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston studeer. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en na die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy met sy suksesvolle loopbaan as illustreerder begin het.

Oor die vertalers

Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het al meer as 40 kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en was verantwoordelik vir die literêre program Leeskring. Hy is ’n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.