Boek: ‘Bethel se berg’ – Maretha Maartens

Maretha Maartens

Bethel se berg vertel van ʼn tienermeisie, Bethel Hendrix, wat in die 1980’s saam met haar ma en sibbe in ’n kombi van dorp na dorp reis. Hulle leef ʼn nomadiese bestaan en bly net ʼn kort ruk in een dorp voordat hulle na ʼn volgende beweeg.

Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in ʼn regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie ʼn pa saam met hulle is nie. Al wat Bethel graag wil hê is ʼn plek waar sy haarself kan wees…

Bethel se berg was die naaswenner in Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie van 2019. Dit is ʼn historiese jeugroman wat deur die beoordelaars beskryf is as “ʼn vernuwing in Afrikaanse jeugliteratuur binne die genre van memoires of herinneringsverhale.”

Oor die skrywer

Maartens skryf al vir ongeveer vyf dekades en word as een van die geliefdste Afrikaanse skrywers beskou, veral in Christelike literatuur en historiese fiksie. Tot op hede het sy meer as 140 boeke geskryf, wat onder meer Die inkvoël, ʼn Pot vol winter en Smaartie is skeel insluit.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.