Boek: Betower deur tienerliefde

Theresa Van Baalen

Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. Toe sy boonop hoor hulle gaan vir vier weke na McDougallsbaai, ʼn piepklein, geïsoleerde kusdorp in die Noord-Kaap, toe, was sy nóg minder beïndruk. ʼn Klein dorp saam met ʼn oorbeskermende ma is nié Janke se idee van ʼn prettige vakansie nie… Ten minste is daar ʼn oulike buurseun, Stefan, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug…

Oor die skrywer

Theresa Van Baalen se eerste twee prenteboekpublikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-kinderboektoekennings bekroon. Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur ontvang. Van Baalen is veral bekend as skrywer van die gewilde Sanri Steyn-reeks. Sy het al in ander genres ook geskryf, maar kinderstories sal altyd haar eerste liefde wees. Sy het onlangs begin om haarself te leer kitaar speel, maar sal liewer nie haar rekenaar permanent vir ʼn kitaar verruil nie.

Prys: R190,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.