Boek: Bianca se briljante biblioteekdag

Joseph Coelho

Elke week sien Bianca uit na daardie een spesiale dag. Die dag wanneer sy wonderlike dinge tussen die biblioteek se rakke ontdek. Die dag wat sy tyd saam met Pappa kan deurbring. Saam verken hulle die rakke op soek na betowering, geheime – en ʼn manier om dinge tussen hulle twee reg te maak.

ʼn Inspirerende storie oor die betowering van boeke – en die krag van stories om moeilike persoonlike situasies te bowe te kom. Daar is ook ʼn oulike “boek-binne-ʼn-boek” sodat jy die storie kan lees wat Bianca en haar pa saam geniet!

ʼn Snaakse en hartroerende prenteboek, geskryf deur een van Brittanje se voorste jong digters, wat die moeilike tema van egskeiding en enkelouers op ʼn sensitiewe wyse aanraak.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.