Boek: Bid vir jou ongebore baba

bid vir jou

Janlu Kuyler en Marlena du Toit

Dié boek help ouers om die wonder van die konsepsie en God se hand in die ontwikkeling van hulle baba te sien. Dit neem die ouers deur die biologiese ontwikkeling van hulle baba maar ook op ’n geestelike reis – waarvoor en hoe om te bid vir hulle ongebore baba.

Daar is praktiese wenke oor hoe om te bid, asook hoe om aan te hou bid na die baba gebore is.

Duidelik uiteengeset, maklike teks lei ouers deur die wonder van bevrugting tot geboorte:
– trimester vir trimester ontwikkeling van die baba, met sketse
– praktiese wenke en idees oor gebede vir die baba se groei, tot geboorte
– skrifgetroue gebedsleiding
– ware verhale van mense wie se gebede vir hulle babas verhoor is.

’n Onontbeerlike gids vir elke verwagtende ma en pa.

Oor die outeur:
Janlu Kuyler is ’n pa van twee dogtertjies. Hy is ook ’n predikant by Moreleta Gemeente in Pretoria. Hy het hierdie boek geskryf tydens sy eie gebedsreise met sy vrou se swangerskappe.

Marlena du Toit is ’n ginekoloog en verloskundige in privaatpraktyk in Bellville Kaapstad. Sy het ’n passie vir vrouegesondheid en ondersteun haar pasiënte se swangerskappe emosioneel en geestelik.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.