Boek: Bidsnoer

bidsnoerPieter Fourie

Pieter Fourie is ’n meester van die kort, klinkende vers. Sy gedigte is inventarisse en inkantasies wat enersyds die nostalgie na ’n vervloë plattelandse wêreld met sy lief en leed oproep en andersyds die ellende van moderne plakkerskampe onthutsend verwoord. Hierdie “bidsnoere” is inderwaarheid ’n beswering van die verganklikheid en van durende onreg. Fourie beoefen die liturgie van die poësie waarin sowel die verhewene as die alledaagse gewy word.

Hierdie is ‘n opvolg van die nou reeds onontbeerlike en uiters suksesvolle digbundel Knapsekêrels.

Oor die outeur

Hierdie Hertzogpryswenner, asook mees bekroonde en gepubliseerde dramaturg in Afrikaans, word op 77 die oudste debutant in die Afrikaanse poësie. Sy kwantumsprong van dramaturg tot digter is getrou aan die aard van Fourie se hele loopbaan: die aandurf van die oënskynlik-onmoontlike en beslis waaghalsige. Sy ontvangs van ’n eredoktorsgraad in dieselfde jaar (2011) as Desmond Tutu by die Universiteit van die Vrystaat is nog ’n hoogtepunt in ’n loopbaan van 56 jaar in die Afrikaanse Teater.

Uitgewer: Naledi Online
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.