[Boek] Bielie Bybelpretboek 4

Bielie-Bybelpretboek-4Marius Greeff

Die Bielie Bybelpretboek 4 is perfek vir liefhebbers van blokraaie en ander woordspeletjies. Dit is ’n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel te toets.

Die Bielie Bybelpretboek 4 is nie net vir
individue bedoel nie – dit kan selfs in kleingroepe of Sondagskoolklasse gebruik word. Dit sal ure se genot verskaf.

Die Bielie Bybelpretboek 4 bevat meer as 160 aktiwiteite met onder meer: woordsoeke, koderaaie, blokraaie en sudoku’s.

Oor die outeur

Marius Greeff is ’n teoloog en joernalis. Hy skryf gereeld artikels vir LIG. Sy liefde vir woorde lei ook daartoe dat hy sedert 1998 verskillende woordraaisels vir verskillende tydskrifte saamstel. Hierdie raaisels het dikwels ’n Christelike grondslag.

Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R120.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek op Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.