Boek: Bielie Bybelpretboek

Bielie Bybelpretboek

Marius Greeff

Die Bielie Bybelpretboek is perfek vir liefhebbers van blokraaisels en ander woordspeletjies. Dit is ’n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel toets. Die Bielie Bybelpretboek is nie net vir individue bedoel nie – dit kan selfs in kleingroepe of Sondagskoolklasse gebruik word. Dit sal ure se genot verskaf.

Die Bielie Bybelpretboek bevat meer as 100 aktiwiteite met onder meer:

• Blokraaie
• Koderaaie
• Sudoku
• Woordsoek
• Soek die antwooord
• Temaraaisels

Die boek bevat spesifieke temas asook algemene kennis vrae en kan vir persoonlike gebruik of in groepe (soos Bybelstudiegroepe of Sondagskool) gebruik word.

Oor die outeur:
Marius Greeff is ’n teoloog wat sedert 1985 heeltyds in die bediening staan. Marius het in 1984 opleiding in die joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang en skryf gereeld artikels vir LIG, die gewilde Afrikaanse Christelike gesinstydskrif. Sy liefde vir woorde lei ook daartoe dat hy sedert 1998 verskillende woordraaisels vir verskillende tydskrifte saamstel. Hierdie raaisels het dikwels ’n Christelike grondslag.

Marius het reeds vier bundels van raaisels gepubliseer. Hierdie bundel bevat ’n reeks nuwe raaisels, wat nog nie voorheen gepubliseer is nie, asook ’n nuwe tipe raaisel wat nou vir die eerste keer in Suid-Afrika gepubliseer word. Marius, wat lief is vir reis, fotografie en musiek, is getroud met Janie, ook ’n ywerige blokraai-entoesias.

Hulle woon in Greyton in die Overberg. Hulle het twee seuns, Wilhelm en Dian.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esme ·

Ek wil die Bielie Bybel pretboek koop, maar dit is oral in die Kaap uit voorraad uit. Kan julle ASB ‘n aanduiding gee wanneer die boek weer beskikbaar sal wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.