Boek: ‘Bientang’ deur Jolyn Phillips

Jolyn Phillips

Van Bientang het net die naam van ’n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang’s Cave, asook ’n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in ’n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor ’n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie.

Oor die skrywer

Jolyn Phillips is in Blompark, Gansbaai, gebore. Sy voltooi ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder die mentorskap van dr. Meg van der Merwe. Haar debuutkortverhaalbundel, Tjieng Tjang Tjerries and other stories, is in 2016 en 2017 uitgegee. In 2017 het haar Afrikaanse debuutdigbundel Radbraak verskyn. Dit is op die kortlys vir die Elisabeth Eybers-prys geplaas en het in 2018 die Afrikaanse UJ-debuutprys ontvang.  Saam met haar Afrikaanse digdebuut, het Phillips ook van die gedigte getoonset. In 2019 is sy benoem vir ’n Fiësta-toekenning vir beste teaterverwerking en vertaling van ’n bestaande werk, Tjieng Tjang Tjerries, saam met regisseur Jason Jacobs. Phillips is ook vir ’n Kanna benoem vir beste opkomende kunstenaar en beste musiekblyspel. Sy is tans besig met ’n doktorsgraad in skeppende kuns aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.