Boek: Bitterbosbende (deel drie) – ‘Die grafsangers’

Anzil en Keenan Kulsen

Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Dan ontdek Nieke ʼn stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek, en Bongi vind ʼn ou horing by die mynskag. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en ʼn koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe …

Oor die skrywer

Anzil Kulsen is op Upington gebore en het in Keimoes grootgeword. Sy het ʼn honneursgraad in letterkunde en het vir ʼn ruk by die ATKV as projekbestuurder gewerk, waar sy veral in die Noord-Kaap aktief was. Kulsen het afgeleë gemeenskappe besoek om met mense oor boeke te gesels. Sy bied ook kreatiewe skryfkursusse aan en doen spel- en narratiewe terapie. Kulsen is getroud met Heine, hulle het twee kinders en woon op Upington.

Oor die illustreerder

Stephen Wallace is ʼn bekroonde illustreerder en grafiese kunstenaar. Hy het voorheen saam met verskeie privaat maatskappye gewerk, asook saam met uitgewers soos Pan Macmillan, Via Afrika, OUP en Lapa Uitgewers. Wallace is met ʼn ATKV Woordveertjie bekroon vir sy illustrasies in Jaco Jacobs se My ouma is ʼn filmster.

Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R140,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek nou by 
NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.