Boek: Bitterbosbende (deel een): Die geheim van die nuwe hoof

Anzil Kulsen

Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in graad 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos ʼn yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar is ʼn NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir ʼn sonkrag-oondjie té goed werk en hulle ʼn mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied met verrassende gevolge …

Oor die skrywer

Anzil Kulsen is op Upington gebore en het in Keimoes grootgeword. Sy het ʼn honneursgraad in letterkunde en het vir ʼn ruk by die ATKV as projekbestuurder gewerk, waar sy veral in die Noord-Kaap aktief was. Kulsen het afgeleë gemeenskappe besoek om met mense oor boeke te gesels, bied ook kreatiewe skryfkursusse aan en doen spel- en narratiewe terapie. Kulsen is getroud met Heine, hulle het twee kinders en woon op Upington.

Oor die illustreerder

Stephen Wallace is ʼn bekroonde illustreerder en grafiese kunstenaar. Hy het voorheen saam met verskeie privaat maatskappye gewerk, asook saam met uitgewers soos Pan Macmillan, Via Afrika, OUP en Lapa Uitgewers. Wallace is met ʼn ATKV Woordveertjie bekroon vir sy illustrasies in Jaco Jacobs se My ouma is ʼn filmster.

Genre: Kinder- en jeugfiksie
Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R140,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek nou by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.