Boek: Bitterbosbende (deel twee) – ‘Die been in die bos’

Anzil Kulsen en Keenan Kulsen

Die Bitterbosbende kampeer langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin ʼn hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van ʼn trein wat kwaai rem aanslaan en dan ʼn harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is … ʼn been?

En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en ʼn hond ingesluit het, geword?

Oor die skrywer

Anzil Kulsen is op Upington gebore en het in Keimoes grootgeword. Sy het ʼn honneursgraad in letterkunde en het vir ʼn ruk by die ATKV as projekbestuurder gewerk, waar sy veral in die Noord-Kaap aktief was. Kulsen het afgeleë gemeenskappe besoek om met mense oor boeke te gesels. Sy bied ook kreatiewe skryfkursusse aan en doen spel- en narratiewe terapie. Kulsen is getroud met Heine, hulle het twee kinders en woon op Upington.

Oor die illustreerder

Stephen Wallace is ʼn bekroonde illustreerder en grafiese kunstenaar. Hy het voorheen saam met verskeie privaat maatskappye gewerk, asook saam met uitgewers soos Pan Macmillan, Via Afrika, OUP en Lapa Uitgewers. Wallace is met ʼn ATKV Woordveertjie bekroon vir sy illustrasies in Jaco Jacobs se My ouma is ʼn filmster.

Genre: Kinder- en jeugfiksie
Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R140,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek nou by 
NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae