[Boek] Blinktand van Bosveldparadys

BlinktandAttie Snyman

Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het. Die storie begin by die geboorte van Blinktand en eindig waar hy die president van Bosveldparadys word na die dood van Boskaas, die ou leeu-president. Die jong leser beleef nie net gevaarlike gebeure, drama en spanning saam met Blinktand en sy bekkige vriend Kierie Kraai nie, maar ook humoristiese situasies wat lesers – jonk en oud – sal laat skaterlag.

Blinktand van Bosveldparadys is ‘n unieke lees- en leerervaring: jy kan dit lees soos ’n gewone storieboek, of met die Briza Klankleser® na die volledige verhaal in die boek luister. ‘n Lekkerlees- en luisterboek vir kinders, maar grootmense sal dit ook geniet! Dit is ’n storieboek, leesboek, luisterboek, leerboek, natuurboek asook ‘n boek met sterk onderliggende opvoedkundige temas soos respek, eerlikheid, naasteliefde, nederigheid, leierskap, vasberadenheid, deursettingsvermoë, vergewensgesindheid en dankbaarheid.

blinktand-lochnerDie boek is ideaal vir selflees of voorlees – tuis of in die klaskamer. Aan die einde van elke hoofstuk is ’n lys van moeilike woorde en uitdrukkings wat woordeskatuitbreiding aanmoedig asook ’n stel vrae wat die jong leser se kennis en begrip van dít wat gelees is, toets. Aan die einde van die boek is ’n leersame afdeling met kleurfoto’s en beskrywings van die diersoorte en plante wat in die storie voorkom.

Die storie word voorgelees deur die bekende akteur Lochner de Kock en kan ook afsonderlik in MP3 formaat van Briza se webwerf afgelaai word.

Blinktand van Bosveldparadys het sy eie webwerf.

Uitgewer: Briza Publications

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.