Boek: Blits: Perlemoendiewe

Blits_Perlemoendiewe.jpgNedine Blom & Adriaan Blom

Avontuur-junkie Hannes Joubert en sy Melkbosmaats word betrek by ‘n perlemoenstroopsindikaat. Toe hulle ‘n paneelwa sonder nommerplate opmerk terwyl hulle in die skemer deur die lane longboard, besluit hulle om die kar te agtervolg. Hannes se speurinstink skop in toe hy en Zander die mans sien see toe stap met staalmesse en nette. Die volgende oomblik is hulle vasgebind agterin die bakkie. Dinge gaan warm raak hier in die rustige seedorpie!

Oor die outeurs:

Nedine Blom is ’n sanger, toegelate prokureur en het pas haar meestersgraad in Internasionale Reg voltooi. Sy is ook ’n Afrikaanse ambassadeur van die Dagbreek Trust en ma van die 15-jarige Adriaan, saam met wie sy Blits geskryf het. Haar lewensfilosofie is: “Moenie uitstel nie, doen dit nou!” Sy woon in Melkbosstrand.

Adriaan Blom is in Graad 9 aan Hoërskool Melkbosstrand. Sy eerste liefde is tennis, maar hy geniet ook rekenaarprogrammering en kuier met vriende. Dit is sy droom om deel te word van ʼn internasionale hacker-weldoenersgroep wat internasionale kubermisdaad bekamp. Hy hou van Oreo Krushers en longboard deur Melkbosstrand se lane.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R150.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.