Boek: Bloed op haar hande – vroue agter tralies

Bloed_op_haa…al_print.jpgCarla van der Spuy

Wat laat vroue moor? En hoe voel dit om ’n sel met moordenaresse te deel? Carla van der Spuy besoek vier vrouetronke dwarsoor Suid-Afrika en klim in die koppe van vroue wat geweldsmisdade gepleeg het. Sy kuier by babas agter tralies, vier Kersfees in die tronk en gesels van aangesig tot aangesig met ’n kleptomaan, ’n prostituut, mesmoordenaresse en vroue wat gemoor het met huurmoordenaars. Vroue met bloed op hul hande. Wat het so verskriklik skeefgeloop in hul lewens? En is daar ’n mens agter die misdadiger?

“Hierdie vroue sit nie agter tralies omdat hulle Sondagskool gebunk het nie.”

– Sarie Peens van die Departement van Korrektiewe Dienste

Die boek is ook in Engels beskikbaar as:
Blood on her hands – women behind bars

Oor die outeur:

Carla van der Spuy is ’n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer van drie niefiksie-boeke, insluitend Mens of monster (2012). Haar ongekompliseerde, openhartige gesprekke en haar gemaklike skryfstyl lei na indiepte, ware lewensverhale wat elkeen van haar lesers se hartsnare sal roer.

Uitgewer: Lapa
Prys: R184,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.