Boek: ‘Bloedbande’ – Jeanette Stals

Jeanette Stals

Elke huis het sy kruis.

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch-polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ʼn kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is albei met ʼn skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ʼn struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie. Terwyl Luna sukkel om ʼn moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy verskyning. Hierdie keer is hy op ʼn geheime sending in die geledere van ʼn plaaslike dwelmsindikaat, maar ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit steeds onmoontlik om nie vir hom die deur oop te maak nie. Soos Mike homself dieper in die onderwêreld inwerk, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan by die studentehuis oorkant die straat aan? En wie is die man in die sportmotor wat so aan die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry moet Luna lig werp op donker plekke waar slegs monsters waak.

Bloedbande is die vierde boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks. Dit volg op Katoog (2016), Vermis (2017) en Dag drie (2018). Die boek het verskyn by Lapa Uitgewers.

Oor die skrywer

Afgetree as onderwyseres en werksaam as toergids en gastehuis-eienaar konsentreer Stals op haar skryfwerk. Omdat sy graag misdaadfiksie lees, het sy haar begin toespits op die spanningsgenre. Sy het in 2016 haar skryfdebuut gemaak met Katoog, die eerste boek in haar Luna Joubert-reeks. Sedertdien skryf sy ook romanses en historiese fiksie.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.