Boek: Bloedbande

Wilhelm Verwoerd

“Ek blaai vinnig deur hierdie bladsye. Ouma se politieke spore is besaai met duwweltjies. ‘n Deel van my wil-wil die swart dagboek toemaak. ‘n Ander deel skop vas: Hoe eerlik is jy in jou poging om oupa Hendrik te verstaan?”

Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ‘n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ‘n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is?

In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ‘n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef.

“Diepsinnig … Wilhelm Verwoerd ondersoek die veelkantigheid van verantwoording in families in hierdie belangrike en menslike memoir.” – Martie Retief Meiring

Oor die outeur

Wilhelm Verwoerd is die kleinseun van HF Verwoerd. Sy ontnugtering met apartheid lei tot sy vervreemding van die familie, veral toe hy aansluit by die ANC en by die WVK inval as navorser. Hy werk in Ierland met versoening tussen voormalige vyande en staan tans aan die hoof van die Eenheid vir Praktiese Teologie by die US.

Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
Prys: R290,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Heinrich ·

My beskeie opinie, Hendrik Verwoerd het die regte idee gehad, mense het die verkeerd geïmplimenteer. Ons het ons kans gehad om die huidiglik bevoordeeldes op te trek, nou is hulle net besig om ons af te trek.

Arak ·

Ongelukkig in die polities (on)korrekte wêreld waarin ons, onsself tans bevind is die waarheid uiters ongewild. Ek is van mening dat daar ‘n hele klomp dinge aan “Apartheid” toegedig word wat nie waar is nie. Die grootste fout met “Apartheid” was die voorveronderstellings dat die ander bevolkingsgroepe hulself wil en kan regeer. Dit is egter duidelik nie die geval nie met Afrika se menigte voorbeelde van mislukte staat op mislukte staat. Dr. Verwoerd was vermoor voor hy die blanke ook ‘n “Tuisland” kon gee en dit was hier waar dinge verkeerd geloop het. As ek kyk hoe volke in Europa weer terug gryp/hunker na grense en na hulle nasionale identiteit dink ek “Apartheid” was sy tyd jare vooruit. Ek is bly as Wilhelm vrede gemaak het met sy familie, want na alles is politiek nie familie twis werd nie. Ek is jammer dat hy steeds voel sy oupa was een of ander monster en dat hy dink hy moet homself regverdig deur sy herkoms te probeer ontken. Sy oupa was ‘n goeie, eerbare man en die twak wat verkondig word aangaande hom is net dit, twak.

Theo ·

Dankie Arak, ek stem 100% saam met jou oor die eerbaarheid opregtheid en menslikheid teenoor al die mense, swart en wit wat Dr HF Verwoerd geopenbaar het. As hy dan so n monster was waarom was hy so geliefd onder gematige swart leiers, asook die meerderheid blankes dit was juis die ANC en hul kommunistiese bond genote wat hom sleg gemaak het juis omdat hulle nie hulle sin kon kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.