Boek: Bloedlelie

Jeanette Ferreira

In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat honderd man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer.

Byna honderd en tagtig jaar later gaan Hanna en haar man op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg-vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie.

En Retief se vrou was ’n gewone mens, haar spore verdwyn telkens soos ’n kwartel in kreupelbos. Geskiedenis is ’n storie wat elke mens anders vertel en niks is soos dit vir ons lyk nie. Al wat ons het, is vandag. Op prinse sal die mens nie vertrou nie.

“Vee af u trane, Eerwaarde.”

Dit is al waaroor die Woord gaan … Dat ons mekaar se trane sal afvee. En ons eie.”

Oor die skrywer:
Jeanette Ferreira publiseer ’n digbundel, twee kortverhaalbundels en is die samesteller van verskeie kortverhaalbundels. Sy publiseer nege romans, waaronder drie oor die Anglo-Boereoorlog en een oor die Groot Trek. Bloedlelie is haar tiende roman.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.