Boek: Blou is nie ʼn kleur nie

Blou-is-nie-n-kleur-nieCarin Krahtz

“Kyk, ’n verskietende ster,” wys Paternoster. Ek sien dit net betyds. “As ons nou iets wens, gaan dit waar word.”

Een wens is te min vir alles wat ek wil hê: dat ek en Rina weer soos sussies sal wees, dat Nan net één keer mooi met Paternoster moet praat, dat MD en Paternoster weer liefde sal vind. 

Die Vorsters se gesinslewe herinner aan ’n sirkus, maar nie die ha-ha-en-oe-la-la-soort nie. Sedert die ongeluk bietjie meer as drie jaar gelede lag hulle almal se narbekke in blou, nie meer in sirkusrooi nie. En dis elkeen vir homself wanneer die brokstukke van die gesin in verskillende rigtings spat. Totdat Paternoster besluit om weer die Hoof van sy Eie Huis te wees – soos dit in ’n normale gesin hoort waar die pa nie te veel drink nie. Paternoster is gatvol vir die regering, vir rugby en vir raserige goggas.

Kortom: hy’t genoeg gehad van die totale aanslag wat hom van alle kante bedreig in ’n land waar bid nie help nie. Sy plan is dat die gesin Nieu-Seeland toe emigreer, want daar speel mense nog rugby met passie, daar reën dit soos dit moet en daar sal hulle die sterre kan hoor praat.

Oor die outeur

Carin Krahtz is in 1965 in Pretoria gebore en voltooi haar skoolloopbaan aan die Oos-Rand. In 1988 slaag sy haar Honneursgraad in Joernalistiek met lof aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy publiseer ’n aantal kinderboeke wat hoofsaaklik in die skolemark gebruik word.

Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.