Danie Smuts
Boererate het ’n gesogte versamelaarsitem geword sedert die aanvanklike publikasie in 1989. Derduisende versoeke op die internet vir tweedehandse eksemplare het ’n heruitgawe ’n móét gemaak. Nou is dié Afrikaanse skat weer beskikbaar!
Boererate is Danie Smuts se versameling van tradisionele mediese rate wat vir allerlei kwinte en kwale voorgeskryf is. Die oorsprong van dié boererate is nie 100% duidelik nie, maar dit word teruggevoer na oorlewering, waarnemings, ondervinding, mites, godsdiens en selfs toorkuns. Behandeling gaan dikwels gepaard met die uitvoer van skreeusnaakse rituele.
’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige advies. Byvoorbeeld – Die volgende stappe word aanbeveel om griep te bekamp:
1) Plaas ’n bottel whiskey en ’n glas saam met ’n brandende kers langs jou bed.
2) Klim in die bed, maak seker jy lê onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.
3) Sodra jy twee kerse begin sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap.
’n Waarskuwing vergesel dié raat: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn is gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn hê.
Boererate is benewens ’n gesondheidsgids en kultuurskat ook ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse taalgeskiedenis. Sommige rate dateer terug na ’n tyd toe Afrikaans nog in sy kinderskoene gestaan het en daar nog nie duidelike taalreëls was nie. Die boek bied ’n nostalgiese terugblik op Afrikaans en ’n era wat verby is.
Danie Smuts was tot en met sy dood in 2003 een van die gewildste radio- en TV-persoonlikhede in Suid-Afrika.
Ek soek asb 1
Ek soek asb 1
Mampoer werk vir tandpyn en seer gewrigte
Lennon se Levensessens help vir Naarheid.
waar kan ek die boek koop. My pa sal mal wees daaroor! asb!
Waar kan ons die boek koop
Waar kan ek die boek oor Boererate koop?