Boek: Boomkastele

boomkastele

Schalk Schoombie

’n Afgetrede navorser raak betrokke in ’n vete met die bure ná hulle twee reusagtige bome op sy erf afkap. Terwyl hy probeer wraak neem (met komiese gevolge!), kom sy joernalis-dogter op die spoor van ’n geheimsinnige graffiti-kunstenaar wat Da Vinci se Vetruviaanse Man op stadsmure in Johannesburg aanbring. Die verhaal speel af in die voorstede van Johannesburg en die distopiese ruimtes van Hillbrow. ’n Slim, humoristiese roman cum speurverhaal deur ’n bekroonde dramaturg.

Oor die outeur:
Schalk Schoombie is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kempton Park. Ná sy dramastudies aan die UP was hy akteur, kunsresensent, en redakteur van De Kat. As vryskutjoernalis skryf hy vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport. Hy is bekroon met ’n Mondi (1994), ’n ATKV-Mediaveertjie (2009), ’n AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ’n Spesiale Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie deur die FAK. Hy het reeds nege dramas geskryf, waarvan Gepiekel in 2014 by Aardklop gedebuteer het. Schoombie woon in Alberton met sy gesin en drie Jack Russells.

Klik hier om die boek te koop
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.