Boek: ‘Bot’ – Carien Smith

Carien Smith

In Carien Smith se debuutkortverhaalbundel Bot word die leser op reis geneem na wêrelde van verstommende – dog onmiddellik herkenbare – tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit?

Die uitgewer beskryf Bot as ʼn verrassende, onderhoudende debuutwerk wat ʼn eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry. Die boek het pas by NB-Uitgewers verskyn.

Oor die skrywer

Smith is ʼn skrywer en dramaturg wat verskeie pryse vir haar individuele verhale ingeoes en aan talle internasionale skryfprogramme deelgeneem het. Verskeie van haar dramas is al opgevoer. Sy is tans ʼn doktorale student aan die Universiteit van Sheffield waar sy navorsing oor klimaatsveranderingetiek doen.

Prys: R230,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.