[Boek] Botanicum

Botanicum-voorbladKathy Willis

Botanicum is ’n pragtige volkleur boek wat ’n hele klomp raaisels om plante onthul. Hoe het die eerste plante gelyk? Wanneer het die eerste woude gevorm? Wanneer het plante begin blomme dra? Watter plante is die grootste, kleinste, vreemdste, seldsaamste, lelikste en stinkste op aarde?

In Botanicum kan jy die mees eksotiese en veemdste plante bymekaar sien. Leer hoe plante al miljoene jare langer as ons bestaan en fassinerede dinge soos hoekom party plante groen is en ander nie en hoe party plante in water leef en ander in die lug hang sonder enige kontak met die grond. Kom ontdek binne Botanicum die wonderlike planteryk in sy kleurryke, verrassende glorie.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R450.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JC ·

Uitstekend.
Dit nog nie gesien by die winkels nie; sal dit beslis aankoop wanneer dit beskikbaar raak.
Afrikaans Leef!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.