Boek: ‘Braaibroodjies en burgers’ – Jan Braai

Jan Braai

Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai?

Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-,

beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog.

En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie; die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dit is mos nou lekker!

Oor die skrywer

Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ’n jaarlikse kuier- en kosfees gemaak deur Erfenisdag nie-amptelik tot Braaidag te herdoop. Die een aktiwiteit wat alle Suid-Afrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook.

Prys: R370,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.