Boek: ‘Brandmerk’ – Christelle van Rooyen-Wessels

Christelle van Rooyen-Wessels

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy neem aan hy het bespeuring ontglip. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.

’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean, eens Francke, waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe op die dorp in die Kalahari werk. Klara het die stukkies van haar lewe opgetel nadat sy en haar liefling­seun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige.

Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

Oor die skrywer

Christelle van Rooyen-Wessels is die skrywer van die riller Adder, wat vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem is. Sy is op De Aar gebore en het daarna matriek aan die Hoërskool Warrenton in die Noord-Kaap behaal. Van Rooyen-Wessels is tans die mediabestuurder van die Noordwes Koerantgroep en sy woon aan die voet van die Magaliesberg in Rustenburg.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.