Boek: Breek vry

Breek_Vry.jpgBeth Moore

Jy kan die oorvloedige en doeltreffende Geesvervulde lewe leef wat God vir jou beplan het. Dit is Beth Moore se boodskap in die Bybelstudie Breek vry.

In hierdie Bybelstudie, wat oor 10 weke strek met genoeg studies vir 5 dae van die week, kyk Beth na temas uit die boek Jesaja wat gaan oor die gevangenskap van God se kinders, God se getrouheid en die pad na vryheid. Deur die Ou-Testamentiese volk in ballingskap te vergelyk met die Nuwe-Testamentiese gelowiges en die bestudering van die Skrif, help sy lesers die transformerende krag van vryheid in Christus ontdek. Die inhoud van Beth se DVD Breaking Free is ook tussen die weekstudies ingewerk.

God wil hê gelowiges moet Hom ken en in Hom glo, Hom verheerlik, sy vrede ervaar en sy teenwoordigheid geniet. Breek vry sal jou help om die hindernisse in jou lewe te identifiseer wat jou hiervan weerhou.

Oor die outeur:

Beth Moore is ’n topverkoper-outeur en spreker wat deur God gebruik word om miljoene vroue van alle ouderdomme, rasse en agtergronde se lewens aan te raak. Beth het Living Proof Ministries in 1994 gestig met die doel om vroue te wys hoe om ’n passie vir God se Woord te hê en dit te bestudeer. Beth en haar man, Keith, prys die Here vir ’n huwelik van meer as 35 jaar. Hulle geniet dit om te reis, op staproetes te gaan, koffie op die agterstoep te drink, Meksikaanse kos te eet, mekaar te laat lag, met hulle honde te gaan stap en grootouers te wees.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R189.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.