Boek: breyten breytenbach: woordenaar, woordnar

Francis Galloway (samesteller)

breyten breytenbach: woordenaar, woordnar is een in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het. Breyten Breytenbach is ’n aweregse ontvanger van hierdie prys in 1999 en 2008 nadat dit in die 1960’s en 1970’s om ideologiese redes van hom weerhou is en hy dit in 1984 van die hand gewys het.

In hierdie boek word op vernuwende wyse onderontginde fasette van sy (onthutsende én speelse) skryfambag en denklandskap in opstelle toegelig en ’n blik op sy loopbaan as skrywer en openbare figuur gebied. Die boek bevat ook ’n onderhoud met Breytenbach, ’n uitgesoekte bibliografie en ’n foto-afdeling.

Oor die samesteller
Francis Galloway bemoei haarself sedert haar vroeë kennismaking met Breyten Breytenbach se debuut met sy denke en skryfwerk. Haar proefskrif is in verwerkte weergawe gepubliseer as “Breyten Breytenbach as openbare figuur”. Onlangs was sy betrokke by die samestelling van Breytenbach se versamelde toesprake Parool/Parole.

Medewerkers aan die bundel is onder andere Willem de Vries, Willie Burger, Hein Viljoen, Louise Viljoen, Johan Rossouw.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R230-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rubber ·

Breyten het ons ‘n ware Utopia gelos. Net jammer hy is nie met ons om dit te beleef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.