Boek: ‘Brida’, ʼn Ierse meisie se soeke na kennis

Paul Coelho

“Maar hoe sal ek weet wie my sielsmaat is?”

“Deur kanse te waag,” sê sy vir Brida. “Deur dit te waag om te misluk, teleurgestel en ontnugter te word, maar nooit jou soeke na liefde prys te gee nie. Solank jy aanhou soek, sal jy uiteindelik triomfeer.”

Dit is die storie van Brida, ’n beeldskone jong Ierse meisie en haar soeke na kennis. Op haar reis ontmoet sy ’n wyse man wat haar leer hoe om haar vrese te oorkom, en ’n vrou wat haar leer hoe om te dans op die verborge musiek van die wêreld. Hulle kan sien dat sy oor ’n gawe beskik, maar moet haar toelaat om haar eie ontdekkingsreis te onderneem.

Terwyl Brida na haar ware lotsbestemming in die lewe soek, sukkel sy om ’n balans te vind tussen haar verhoudings en haar begeerte om haarself te transformeer.

’n Roerende verhaal van liefde, hartstog, misterie en spiritualiteit deur die meesterlike storieverteller en skrywer van Die alchemis.

Oor die skrywer

Paulo Coelho is in 1947 in Rio de Janeiro gebore. Hy is ’n top-verkoper en een van die wêreld se invloedrykste skrywers. Meer as 215 miljoen eksemplare van sy romans is al in meer as 170 lande verkoop en sy werk is in 81 tale vertaal.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys het in 2015 die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014). In 2016 is Geldenhuys met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van televisiereekse en animasieprente vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer Geldenhuys nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.