Boek: Broedertwis

BroedertwisAlbert Blake

Meer as ‘n honderd jaar ná die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner wat die wapen teen sy eie mense opgeneem het.

In Broedertwis klim Albert Drake as’t ware in dié twee broers se koppe. Hy probeer verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Watter rol het geloofsoortuigings, elkeen se eiesoortige karakter, hul vroue en ook oorlogtrauma in hul keuses gespeel? Teenoor die vurige en waaghalsige Christiaan staan sy temperamentele, andersdenkende jonger broer, Piet. Die een ‘n spreekwoordelike valk, die ander ‘n duif.

Oor die outeur

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper, Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog wat ook in ‘n rolprent, Verraaiers, omskep is. Hy ontvang in 2014 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir niefiksie vir Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer. Blake het drie ander boeke op sy kerfstok.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R240.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Basson ·

Ons sien dit nog steeds amper daagliks – die helde vs. die joiners…

Hendrik ·

Is dit nou die ouens wat gaan stem of nie? Of is dit die ouens wat vir die VF+ of die DA stem? Of is dit die wit bestuurders wat BEE/kwotas dryf ten koste van mede witmense?

Nico K ·

Ora, as jy praat van ‘n openbare biblioteek dink ek jou kans is swak.

Leon ·

En ons het monumente gebou vir “helde” wat die oorsaak was van 30000 vroue en kinders se dood asook ‘n verwoeste ZAR en OVS….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.