Boek: Brug na Terabithia

Brug-na-terabithia-voorblad-003.jpgKatherine Paterson

Jess Aarons se grootste droom is om die vinnigste in sy graad te hardloop. Hy het die hele somervakansie geoefen en kan nie wag om sy klasmaats se gesigte te sien wanneer hy hulle almal wen nie. Maar op die eerste skooldag is ’n nuwe meisie dapper genoeg om die seuns aan te durf en boonop almal uit te stof.

Dis nie ’n baie belowende begin vir ’n vriendskap nie, maar Jess en Leslie Burke word onafskeidbaar. Saam skep hulle Terabithia, ’n magiese koninkryk in die woud waar hulle twee as koning en koningin heers. Dan is daar eendag ’n verskriklike tragedie. Eers wanneer Jess hierdie tragedie begin verwerk, besef hy uiteindelik hoeveel krag en moed Leslie vir hom gegee het.

Oor die outeur

Katherine Paterson is die outeur van meer as 30 boeke, insluitend 16 kinder- en jeugromans. Sy is twee keer bekroon met die Newbery-medalje: in 1978 vir Brug na Terabithia (Bridge to Terabithia) en in 1981 vir Jacob Have I Loved. Sy is onderskeidelik in 1998 en 2006 bekroon met die Hans Christian Andersen-prys en die Astrid Lindgren gedenkprys.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.