Boek: Brugbouers – Die Reitz-video en die pad na versoening

Rudi Buys

In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Ná videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink.

Om die situasie te help beredder, het die universiteit vir Rudi Buys as versoeningskonsultant gewerf, waarna hy as studentedekaan aangestel is. Buys se werk by die universiteit sou uiteindelik simbolies word van ʼn feller konflik in Suid-Afrika – tussen versoening en ʼn dreigende rassestryd, ou en nuwe denkwyses, hoop en wanhoop.

Hierdie boek fokus op “tussenin-wees”. Die verhale van vier studenteleiers uit daardie onstuimige tydperk, asook die ingrypings wat onderneem is, word belig. Vir Buys was die proses by Kovsies ook ʼn geleentheid om van sy eie Afrikaner-verlede sin te maak. Die gebeure by die universiteit illustreer dat Afrikaners, in hulle strewe om hul eie verlede met ʼn toekoms in die land te versoen, oor die potensiaal beskik om ware brugbouers te wees en medeargitekte te word van ʼn nierassige toekoms.

Brugbouers bied waardevolle lesse vir elkeen wat ernstig is oor aktiewe burgerskap en sinvolle transformasie in Suid-Afrika.

Oor die outeur

Dr. Rudi Buys was die studentedekaan aan die Universiteit van die Vrystaat tydens prof. Jonathan Jansen se rektorskap. Rudi is ʼn kenner op die gebied van versoening en het verskeie universiteite bygestaan om rassespanning te ontlont. Hy is tans die dekaan van lettere en wysbegeerte aan die Cornerstone Instituut in Kaapstad.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marie Poggenpoel ·

Ek wys graag vir Buys op die volgende waaroor nou in verskeie publikasies berig word: “Sacha Baron Cohen’s latest project, Showtime’s Who Is America?, has already fooled a lot of victims—including Roy Moore, Dick Cheney, and Joe Walsh. The people he’s duped have handled the aftermath with varying degrees of grace—but some have been pretty irate about the whole ordeal.” Dink ook terug aan Leon Schuster films. Dis maklik as mens vir ‘n fool gehou word, om terug te kap deur ‘n rassisme etiket daaraan te hang. Mense wat so’n rassisme etiket heel insluk, is nog meer liggelowig…

Marius ·

Volgens die wit studente (waarvan 4 familielede is) se teugvoering, was Rudi Buys ALLES behalwe versoenend in sy hantering van die wit studente. Hy was verkleinerend en aggressief teenoor die wit studente en openlik ANC-gesind. Hy val in Elmien du Plessis (van Potchefstroom Universiteit) se kategorie, wat ENIGE iets sal doen om Afrikaans op universiteite uit te roei. Ek is VERSTOM dat die boek in Afrikaans geskryf is! Elke sent wat mense spandeer om die boek te koop gaan vir ‘n anti-Afrikaanse, anti-wit agenda.

US ·

Klink soos ‘n kopie van die’ purple face’ geval by Maties?

Eish ·

” waardevolle lesse vir elkeen wat ernstig is oor aktiewe burgerskap en transformasie.”
Dit is nou so wyd gestel soos die Heer se genade.
Ek stuur verby, want suksesvolle brugbouery beteken deesdae vat by my en geen vir die ander.
Steinhoff en die Stellenbosse boys en Jaques Pauw se boek het gebied wat hul sê. Dié klink alteveel na n bedwelmde reis na n ongewenste bestemming.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.