Tillie se beste vriendin Milanka ís high-maintenance, maar só ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy het nie verwag Milanka sal daarop aandring dat sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie … Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering?
Oor die skrywer
Marion Erskine is op Randfontein gebore. Hy het as onderwyser in Suid-Afrika en Taiwan gewerk, waar hy ses jaar lank Engels vir Taiwannese studente gegee het. In hierdie tydperk skryf hy Oos, wat ’n finalis word in die “Ek is ’n skrywer!”-kompetisie. Hy publiseer ook ’n chiclit-verhaal, Donatello en Volksie, in 2010. Hy is die skepper van die gewilde Facebook-groep: Lekkerlees Boekrak. Erskine woon tans in die Verenigde Arabiese Emirate, waar hy werk as adviseur-onderwyser in ’n nasionale skoolhervormingsprojek en elke geleentheid gebruik om die wêreld te verken.
Lees hier ’n uittreksel uit Bruidzilla wat op NB-Uitgewers se webwerf verskyn.
Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers